24 -25 FEBRUARIE 2012 - DO NOT MISS IT!

Forever Resorts Gariep / Klipdrift Quenna fees is begin om die area van Gariepdam en die Suid Vrystaat bekend te stel aan die publiek.

Meeste mense ry op die N1 hier verby en wonder oor die OORD / RESORT wat 5km van die snelweg in wit teen die kop geskryf staan.  Min wetend dat daar ‘n dorpie, Gariepdam, geleë is met talle gastehuise, ‘n hotel, inligtingsentrum en een van die netjieste selfsorg vakansieoorde in ons land.  Ook is min bewus dat Gariepdam in 2010 verkies is as Volksblad se Toerisme Dorp van die jaar. Dit is ‘n kompetisie onder alle dorpe in die Vrystaat en Noord Kaap.

Hierdie vakansie mekka in die Karoo omgewing herrinner sterk aan ‘n oase.  Lieflike lowerryke gras en bome begroet jou met aankoms en die vriendelike, profesionele personeel van Forever Resorts Gariep laat jou wens om vir altyd hier te bly.  Die oord was tradisioneel ‘n oorslaapplek vir Kapenaars en Gautengers oppad bosveld en/of see toe.  Die afgelope drie jaar is die vakansiegangers bederf met ‘n heerlike vakansieprogram wat tot gevolg het dat meer en meer gaste hierdie oord kies as ‘n eindbestemming om hulle vakansie deur te bring.  Veral vir die boere in die omgewing werk dit ideaal om vir ma en die kinders op die oord te los elke tweede of derde dag en dan gou terug te ry plaas toe om seker te maak dat alles goed gaan daar en almal weet wat om te doen. 

Ander nuwe inisiatiewe om die area bekend te stel sluit ook die Familie naweek wat jaarliks gedurende die laaste naweek van Augustus gehou word.  Hierdie naweek vind plaas vanaf 24-26 Augustus 2012.  Die Vrydagaand word gaste en vriende toegelaat om saam te kuier en te ontspan want op Saterdag bied die oord speletjies en vermaak aan sodat die hele gesin kan deelneem en tyd saam spandeer. Saterdag aand het ons dan ‘n Kunstenaar wat na die bring en braai vir ons gratis optree in die hoofsaal.  Net soos die Quenna fees is alles gratis en geen addisionele kostes word gehef vir vermaak nie, optredes ingesluit. 

Die Quenna fees is ook een van die mees bekostigbare feeste in die kontrei.  Dagbesoek / Toegang, indien jy nie op die oord bly nie, is slegs R50-00 per persoon en sluit ALLE optredes gratis in.  Dus kan jy by die biertent ingaan, gratis. Al die kunstenaars wat daardie betrokke dag optree, gratis sien. Die ATKV Phantomieme (Sneeuwitjie en die 4 dwergies) gratis bywoon. Die enigste inskrywingsgelde betrokke is by die 4x4, waar die roete eienaars R120-00 per voertuig betaal moet word.

Die program vir die Quenna fees lyk as volg:

13h30 Cobus Marais Stalletjies, biertent en kostent open Feesterrein
14h00 Karin K  Optrede Feesverhoog
16h00 Karen Ferreira Optrede Feesverhoog
18h00 Pieter West  Optrede Feesverhoog
19h00 Rugby Deurlopend op groot skerm Biertent
19h30 Jennifer Zamudio Optrede Feesverhoog
21h00 Fredi Nest Optrede Feesverhoog
22h30 Dixie Hillbillies Optrede Feesverhoog

     
       
SATERDAG  25  FEBRUARIE 2012
07H00 Fun Run Spring weg agter Biertent in straat.  Biertent
08h00 Bergfiets ren Wegspring in straat agter Biertent Biertent
08h30 4x4  Uitdaging  Vertrek vanaf Paint Ball Arena Paint Ball Arena
11h30 Phantomieme Toneelstuk deur ATKV toneelgeselskap Hoofsaal
  Sneeuwitjie & die 4 dwergies    
12h30 Carla Optrede Feesverhoog
13h30 Mej. Quenna Kies jou gunsteling Feesverhoog
14h00 Karin K Optrede Feesverhoog
15h00 Prysuitdeling Fun Run; Bergfietse; Mej  Quenna Feesverhoog
16h00 Pieter West  Optrede Feesverhoog
17h00 Prysuitdeling 4x4 Uitdaging; Rugby op groot skerm Feesverhoog
18h00 Teelepeltjies Optrede  (Boere Orkes)  Feesverhoog
19h30 Karen Ferreira Optrede Feesverhoog
21h00 Nic Stevens Optrede Fesverhoog
22h30 Saarkie Optrede  (Rock Band) Feesverhoog

     

Al die kompetisies is baie informeel en die klem word geplaas op die samehorigheid en raak die fees ‘n ware kuierfees.  Onbetaamlike gedrag en dronkenskap word nie hier toegelaat nie en kan die hele gesin hier kom uitspan en die top kunstenaars soos Freddie Nest, Nic Stevens, Jennifer Zamudio, Karin Ferreira, Pieter West en Karin K kom sien en hoor.  Orkeste soos die Teelepeltjies, wat bekende musiek en boere musiek maak, Dixie Hillbillies, wie hulle toespits op die Hillbilly genre en Saarkie, die “all girls rock band”, bied iets vir elke smaak.

Vir die kinders is daar verskillende speletjies en stalletjies soos bv. skattejag, “Paint Ball”, waterballe waarin jy op die water loop, Klein quad rite, Kano ritte, trapbootjies, bootritte vir ma en pa ook, Putt-Putt, Swem, Volleyball, Tennis.  Ma kan lekker deur die stalletjies snuis terwyl pa die rugby op die grootskerm in die biertuin dophou. Iets vir elkeen om te doen.

Forever Resorts Gariep, waar elkeen wil bly, werk en speel – met die Quenna wil ons klem plaas op die speel en geniet.

Met die Quenna Fees naweek vanaf 24-26 Februarie 2012 het Forever Resorts Gariep besluit om ‘n spesiale aanbod op die kampering aan te bied nl. R300-00 vir ‘n kampstaanplek vir tot 6 persone. Met ander woorde, jy betaal eintlik net vir die feestoegang vir 6 persone en die staanpplek is “verniet”. Die woonwapark is alreeds amper vol maar daar is darem nog ‘n klompie selfsorg chalets beskikbaar vir die naweek.  Die per nag tariewe wissel vanaf R145-72 per persoon wat deel (7-slaper chalet) tot R174-00 per persoon wat deel (5-slaper chalet) en dan die meer luukse chalets wat wissel tussen R265-00 per persoon wat deel (4-slaper luukse chalet) en R435-00 per persoon wat deel (2-slaper chalet).

Kontak gerus Forever Resorts Gariep se besprekingspersoneel om jou plek te verseker vir die Quenna Fees oor die naweek van 24-26 Februarie 2012 by 051 754 0045 gedurende kantoor ure, Maandag tot Sondag.

Besoek ook gerus ons webwerf vir meer inligting by
www.quenna.co.za of www.forevergariep.co.za
 
 

Rubber Ducks Nationals
at Gariep Dam




Jets - R - Us Remote control Jets and planes up to 3m wingspan
at Gariep Dam



New SA Gyrocopter record at Gariep Gliding Center
Gariep Dam


Come and see Gariep Dam overflowing at 119%

Gariep Dam \Owverflowing at 119%
Planning a trip, a holiday or just a get away? Come and see why Gariep Dam and Karoo guesthouse accommodation is the best choice. Halfway between Johannesburg, Cape Town, Durban and Port Elizabeth. Clean air and a safe halfway stopover.

Welcome to Gariep Dam and Karoo Guesthouses. We are developing this project and hope you will participate and find the information here useful.

Gariep Dam Owerflowing 119%

We list any accommodation, services and businesses in the Freestate, Karoo and Transgariep region. If you would like us to include any features to our site, please email us with your ideas and opinions.


In The News !!!

You will find that the Lake Gariep Dam area has a lot to offer and
the Lake Gariep Route is also worth exploring.

Visitors Information

Advertisements